April 25, 2012 – 10:35 am | No Comment

Die opening en verwelkoming is waargeneem deur die wyk raadslid van Nama Khoi mnr. E. F. Maritz. Die senior staatsaanklaer mnr. Luyanda Ngwevela het tydens sy toespraak oor die doel van die byeenkoms die gemeenskap …

Read the full story »
Events

Jokes

News

Other

Review

Attractions »

Bloedskenkers ontvang medaljes
May 17, 2012 – 10:40 am | No Comment

Philip Bence – Springbok

Tydens ʼn dinee gehou op Donderdag 3 Mei 2012 by die Kokerboom Motel, is medaljes aan bloedskenkers oorhandig. Elk van die medalje ontvangers het ʼn spesifieke hoeveelheid eenhede bloed geskenk.
Die verrigtinge is met ʼn gebed geopen waarna almal verwelkom is. Suster Stephanie Fourie, die Area Bestuurder van die SANBS, het ʼn oorsig gegee oor die Vrystaat/ Noordkaap area. Hul missie is om genoegsame kwaliteit bloed produkte vir mediese dienste op ʼn bekostigbare wyse in te samel. Die SANBS samel jaarliks 800 000 eenhede bloed in. Daar is jaarliks ʼn toename van bloedskenkers van ongeveer 60 000 mense. Daar word gemiddeld 2.14 eenhede bloed per persoon geskenk. Die skenkers bestaan uit 59% mans en 41% vroue. Dit is baie belangrik om na die skenkers om te sien en word hulle aangeraai om net 4 keer per jaar bloed te skenk. Daar is geen alternatief vir bloed nie. Daar was al ʼn poging om ʼn beesras te teel wat bloed vir menslike gebruik kon voorsien maar dit het nie gerealiseer nie.

Die belangrikheid van die inligting wat op die vorm verskaf word alvorens bloed geskenk word, is aan die gaste verduidelik. Indien ʼn skenker op medikasie is, moet dit spesifiek genoem word aangesien die ontvanger heel moontlik negatief sal reageer daarop. Elke eenheid bloed wat ontvang is, word deeglik getoets en geklassifiseer alvorens dit gestoor word. Daar is verduidelik hoe bloed geskei word in plasma, plaatjies en rooibloed selle. Bloed word gevries en het ʼn leeftyd van 42 dae. Die meeste bloed wat ontvang is, word vir geboortes en ginekologie gebruik. Gewoonlik is die hoogste gebruik in September maand.
Jana Wallace, Bemarking Bestuurder van die area, het gesê die skenkers is helde wat omgee vir hul mede mens. Sy het ʼn paar boodskappe van waardering, wat deur mense wat bloed ontvang het, voorgelees. Daar is gesê dat skenkers spesiale engele is. Die donateurs wat deurentyd bloed skenk is bedank vir hul lewens redding gebaar.

Die Tak se Insameling Bestuurder, Suster Ricky Diergaard, het verduidelik die satelliet stasie gesluit is weens koste effektiwiteit. Die logistiek het ook bygedra aangesien die bloed in Bloemfontein gestoor en dit moet binne 18 uur daar gelewer word. Springbok sal elke tweede maand besoek word en skenkers sal vooraf gekontak word. Skole sal ook besoek word want daar kan reeds vanaf 16 jarige ouderdom bloed geskenk word. Daar is ʼn teiken van 10 000 eenhede bloed vir die jaar gestel. Daar word ook ʼn teiken gestel vir elke besoek.
Mnr. Fielding het die gaste vertel hoe hy moes bloed ontvang tydens sy stryd teen prostaat kanker, hy is nou genees en het die skenkers bedank vir hul onbaatsugtige gebaar deur bloed te skenk.

Die oorhandiging van die medaljes het hierna plaasgevind. Die eerste kategorie is vir mense jonger as 26 jaar wat 20 eenhede geskenk het. Hulle was Clifton Engelbrecht, Gerrit en Albertus Nagel. Die mense wat medaljes ontvang het, het reeds 50 skenkings gegee. Hulle was Jacobus Kampfer, Gezina Engelbrecht, Johanna Hanekom, Ernst Groenewaldt, Jacobus Oelofse, Willem Thiart, Marianne De Waal, Jacobus van Dyk, David Friedberg, Linda Bloemhoff, Priscilla Smit en Gerrit Nagel.
In die kategorie vit 75 skenkings is Manie van der Linde, Jan Visser en Isak van Niekerk vereer.
Hilda Groenewald en Mario Brand het reeds meer as 100 skenkings gedoen en ook hul medaljes ontvang.

Ds Frederick Booysen was die enigste persoon wat meer as 125 skenkings gemaak het maar kon nie die geleentheid bywoon om sy medalje te ontvang nie.
Die geleentheid is afgesluit met ʼn heerlike ete waarna almal baie tevrede uitmekaar gegaan het.

Netbal en Rugby in volle swang
May 16, 2012 – 8:58 am | No Comment

Dis weer die tyd van die jaar waar skole netbal en rugby in volle swang is. Die Namakwaland skole rugby proewe het reeds op 17 April vir Laerskole en 18 April vir Hoërskole plaasgevind en …

Wielie Walie hou jaarlikse sport en speletjiesdag
May 15, 2012 – 2:50 pm | No Comment

Werkersdag, 1 Mei 2012, is op die sportgronde van Springbok deur die Wielie Walie Kleuterskool van Bergsig gebruik om hul jaarlikse sport en speletjies dag aan te bied.
Me Rose Louw, die Prinsipaal van die …

Build It open teel-en badkamer vertoonlokaal
May 10, 2012 – 8:26 am | No Comment

Die Hardeware winkel Build It wat hul deure vir die eerste keer oopgemaak het in 2007, het tydens ʼn dinee, op Dinsdag aand, 24 April 2012, die nuutste toevoeging van hul reeks produkte bekend gestel. …

Oorskot van Piennars terug in Suid Afrika
May 9, 2012 – 9:03 am | No Comment

Die oorskot van die San-egpaar, Trooi en haar man, Klaas Pienaar, is na meer as ‘n eeu terug in Suid-Afrika, hul geboorteland. Verlede week het ‘n regeringsdelegasie, onderleiding van dr Joe Phaahla, en …

Afsluiting van Jeug Ontwikkeling Kamp
May 8, 2012 – 10:24 am | No Comment

Die rolspelers van die afgelope Jeug Ontwikkelings Kamp wat gehou is op Kleinzee het Dinsdag 24 April 2012 vir die laaste keer bymekaar gekom by die Bosasa, te Bergsig. Die doel van die byeenkoms was …

Amptelike stigting van Khai-Ma Besigheidsforum
May 7, 2012 – 10:27 am | No Comment

Die Khai-Ma Besigheidsforum is op 12 Januarie 2012 gestig nadat die behoefte aan ‘n georganiseerde liggaam wat besigheidsbelange in Khai-Ma moet beskerm, gesien is. Die inisiatief is geneem deur Mnre. Nico Jano …

Gesinne kry grondeisgeld
May 7, 2012 – 9:40 am | No Comment

Isaac Cloete – Vioolsdrift / Rooiwal
Op Saterdag, 21 April, het groot vreugde geheers by sommige huisgesinne in Vioolsdrift en Rooiwal, toe geld aan hulle beskikbaar gemaak is na ‘n suksesvolle grondeis.
Die verrigtinge het op die …

R240 000 vir Aggeneys se eerste KANSA Relay for Life
May 4, 2012 – 11:06 am | No Comment

Aggeneys het die afgelope naweek, op 3 Maart 2012, hul eerste KANSA Relay For Life aangebied en ‘n bedrag van meer as R240 000 ingesamel.  Dit was ‘n feestelike familie byeenkoms en deelnemers het gedetermineerd …

Kreef en Musiek op Lambertsbaai
May 3, 2012 – 11:01 am | No Comment

Lambertsbaai is in rep en roer vir die elfde jaarlikse Kreef fees wat dié naweek hiér plaasvind. Die fees word gekenmerk aan Weskus gasvryheid, die land se beste sangers, baie stalletjies en natuurlik genoeg KREEF! …

Jeugkamp beplanning verloop goed
May 2, 2012 – 10:59 am | No Comment

‘n Opvolg vergadering vir die beplanning van die Jeugkamp wat sal plaasvind vanaf 12 tot 15 April 2012 te Kleinzee, is op 21 Februarie 2012 by die Departement van Maatskaplike Dienste gehou. Die vergadering is …