Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Other

Mans

Submitted by admin on November 22, 2009 – 11:08 pmNo Comment

men vs womanMans lees koerant…. nie gedagtes nie

Van die heel grootste verskille tussen ons mans en die liewe vrouens (wat van ons volledig mens maak), is die manier hoe ons kommunikeer, luister en redeneer.

Mans dink in kompartemente, waar vrouens meer globaal dink. Mans sorteer verskillende temas van sy denke in verskillende kompartemente. Alhoewel mans dink oor dinge soos finansies, sport, seks, God, gesondheid ensomeer, neem hul dit en liaseer dit in verskillende lêers en laaie in hul brein se kabinet. Wanneer ‘n gesprek oor een van daardie aspekte handel, gaan haal hul eenvoudig daardie lêer uit die kabinet, en werk uit hom uit. Wanneer vroulief ons dus vra om gou iets by die Spar te koop op pad huis toe van die werk af, sal ons dikwels met leë hande tuis kom. Nie omdat ons geheue nie werk nie, maar omdat ons steeds die “werk” laai met sy lêers oop het, en die Spar nie daar geliaseer is nie.

Vrouens dink en kommunikeer weer op totaal die teenoorgestelde manier. Vrouens sorteer hul gedagtes binne die konneksies wat dit met mekaar het, en hulle sorteer dit dus meer globaal — nie volgens ‘n spesifieke afdeling of tema (soos byvoorbeeld “werk” teenoor “huis” nie), maar eerder volgens spesifieke konneksies… soos dat dit Donderdag is wat beteken dat die kinders na skool dansklasse het, wat beteken dat ons hul kos vroeer moet gereed hê, wat beteken dat ek eers Spar toe moet gaan, wat beteken dat ek sommer moet koekies kry vir vanaand se kuiergaste wat oorkom…

Vrouens dink “konneksie”. Mans dink “tema”. Mans moet die “temas” aan mekaar konnekteer — met moeite soms — terwyl vrouens verskillende temas binne die konneksies ingooi en hanteer. Daarom weet ons ook dat vrouens beter “multitask” as ons mans… maar dat ons beter detail feite hanteer en fokus as hulle.

Wanneer ons egter kommunikeer, is die gevolg ook dat dit heeltemal verskillend is. Vrouens kommunikeer vanuit hul konneksies, wat die kommunikasie vol details vleg en uitgebrei maak. Ons mans weer, kommunikeer feitelik met kort sinne. Ons wil ‘n tema hanteer en terugvoer gee daaroor, en as daar nie iets in die lêer is wat relevant is tot die lêer wat nou oop is nie, dan het ons min of niks te sê daaroor nie… tot vroulief se groot frustrasie en tot ons groot irritasie.

Hoe kommunikeer ons dan? Eenvoudige beginsel: jy moet van albei kante af jou benadering aanpas. Ons as mans moet leer om meer konneksies te maak en meer uit te brei rondom die storie wat die feite aan mekaar koppel, terwyl die vrouens weer moeite moet doen om aan ons die spesifieke relevante feite vanuit die spesifieke lêer wat nou oop is weer te gee.

Sjoe, wat ‘n uitdaging! En tog, wat ‘n lekker avontuur….

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .