Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Events, Talent

Onderweg– Jannie du Toit se musiekstorie van 40 Jaar 2012

Submitted by Altus Mostert on April 29, 2012 – 10:59 amNo Comment

`n Groot verassing wag op NAMAKWALANDERS wanneer die bekende AFRIKAANSE sanger JANNIE DU TOIT ons streek besoek om musiek te maak!  Jannie du Toit vier sy veertig jaar van passie vir Afrikaanse musiek met ‘n landswye konserttoer wat die halfpadmerk uiters suksesvol verby is.

Die eerste van hierdie konserte word gehou in Bloemfontein en daarna is verdere konserte geskeduleer vir ‘n verskeidenheid plekke soos Upington, Springbok, Kimberley, Welkom, Port Elizabeth en verskeie dorpe in die Weskaap. 

In 2011 het hy die NASIONALE RAAD VIR PERSONE MET GESTREMDHEID IN SA gevra om by teaters waar hy opgetree het, ʼn sisteem te installeer sodat mense wat gehoorapparate gebruik, met gemak sy musiek kon luister. 

Die meeste van die konserte in 2012 word aangebied in samewerking met die NCPPDSA (National Council for People with Physical Disabilities – Vereniging vir Persone met liggaamlike gestremdhede).  Reeds met die 2011-konserte is baie gedoen om onder die publiek asook by teaters ‘n bewustheid rondom persone met gestremdhede en hulle spesifieke behoeftes aan te wakker.  Daar is onder andere op die NCPPDSA se koste by ses van die teaters waar Onderweg aangebied is, voorsiening gemaak vir gehoorgestremde persone deur middel van ‘n spesiale lussisteem.  Om voorsiening te maak vir blinde of gesiggestremde mense, is die Onderwegprogram ook in braille gedruk.

Hierdie samewerking met die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede spruit voort uit Jannie se jarelange verbintenis met Fanie Du Toit wat self tot onlangs vir 28 Jaar Doof was en wat na afloop van twee onlangse kogleêre inplantings na 28jaar vir die eerste keer weer kan hoor.  Fanie is bekend vir die Program `leefwêreld van die gestremde’ wat hy op RSG aanbied.  Hulle samewerking het die afgelope jare tot gevolg gehad dat teaters bewus gemaak is van die bestaan van ‘n lussisteem waarmee gehoorgestremde persone na digitale reproduksie van musiek kan luister tydens optredes.  Dit het ook daartoe gelei dat enkele teaters soos die Oude Libertas in Stellenbosch reeds ‘n permanente lussisteem geïnstalleer het.  In Pretoria is die Atterburyteater met so ‘n stelsel toegerus.

Hy is al veertig jaar ʼn kampvegter vir AFRIKAANSE musiek en sy konserte en CDs is bekend by oud en jonk !!  JANNIE se musiek speel ook ʼn groot rol om mense oor kleurgrense en selfs oor landsgrense saam te bind…  Hy is ʼn baie beskeie man wat baie graag van homself gee en daarom deel hy ook sy talente met die gemeenskap ten bate van mense met gestremdheid in NAMAKWALAND! OP DIE VERHOOG is die beskeidenheid weg! 

DIT IS DIE MAN WAT IN 20 April HIERDIE JAAR  NAMAKWALAND BESOEK!!!  Om meer uit te vind, kontak: BRUNHILD STRAUSS by 082 3064 634.

Datum: 20April 2012 Plek: NG KLIPKERK SAAL: Dorp SPRINGBOK: TYD 7PM.  KAARTJIES R180.00 SLUIT IN ETE en WYN: BEPERKTE KAARTJIES BESKIKBAAR BY: 
FRAMER STUDIOS 027 7441100/ BRUNHILD STRAUSS 082 3064634 Riette Jacobsohn 082 9203473

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .