Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Attractions

Munisipaliteit vasberade om Springbok te verbeter

Submitted by Altus Mostert on May 29, 2012 – 3:01 pmNo Comment

Daar is wyd geadverteer van die begroting en IDP vergadering van Nama Khoi Munisipaliteit wat op Dinsdag aand, 22 Mei 2012, in die Skousaal gehou is. Die opkoms van Springbok se inwoners by die vergadering was uiters teleurstellend. Daar was meer seuns op die rugbyveld wat raak rugby gespeel het as almal tesame by die vergadering. Nama Khoi Munisipaliteit het in volle sterkte opgedaag om die inwoners te woord te staan maar slegs 5 mense van die publiek het opgedaag.

Daar is egter besluit om voort te gaan met die vergadering, met die hoop dat dit wat bespreek is, aan die inwoners van Springbok oorgedra sal word. Verskeie klagtes en onwettige bedrywighede is aan die verteenwoordigers van die Munisipaliteit voorgelê en onder dit was:

*Rommelstrooi in Tolweg.

* Spoedbuffers wat onwettig is omdat dit nie volgens bestaande standaarde en wetgewing gedoen is nie.

* Die monument wat op munisipale terrein in Voortrekker straat opgerig is, is ook onwettig en indien daar toestemming daarvoor gegeë is, bly dit ‘n potensiële gevaar vir motoriste.

* Die grootskerm TV by die bus terminis is verkeerdelik opgerig en kan ʼn motoris se aandag aftrek, veral in die aand en kan ʼn ongeluk veroorsaak.

*Bouregulasies word nie nagekom en die bevoegdheid van die bou inspekteurs en die persone wat bouplanne goedkeur is bespreek en bevraagteken.

*Die verskeie stalletjies wat besigheid doen op die sypaadjie langs die hoofstraat moet verwyder word aangesien voetgangers soms gedwing word om in die pad te loop, om die stalletjies verby te gaan.

*Parkeerruimte voor die Verkeers kantore en Inligting sentrum is onwettig. Volgens wetgewing mag daar slegs skuins of parallelle parkering langs ʼn straat aangebring word.

*Die verskeie ingange van Springbok is met rommel bestrooi, veral by Matjieskloof en is die eerste wat toeriste opmerk wanneer Springbok besoek word.

*Die riviertjie wat deur die park voor Van‛s fotos loop is vol rommel en verstop die stormwater pype. Hierdie stroompie sal egter eersdaags met klippe geplavei word.

*Die toestand van die begraafplaas  oorkant die weerstasie is haglik. Grafstene het omgeval en is oortrek met bossies. ʼn Groot hoeveelheid rommel wat gebruik is tydens ʼn vuurwerk vertoning, staan oral oor die begraafplaas.

Kommunikasie met die Munisipaliteit en terugvoering oor sake is ook bespreek.

Die Burgermeester, Raadslid Tommie Cloete en sy personeel het kennis geneem van al die klagtes en het onderneem om dit deeglik te ondersoek en die nodige stappe te neem en regstellings te maak indien nodig.

Hy het die vergadering afgesluit deur te sê dat daar lig in die tonnel is en dat almal saam moet werk om Springbok te verbeter.

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .