Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Attractions

St. Augustine’s bied leierskaps werkswinkel aan

Submitted by Altus Mostert on May 30, 2012 – 3:02 pmNo Comment

Kim Meissenheimer – Okiep

Die St. Augustine Anglikaanse Kerk, te Okiep, se jeug het Saterdag, 19 Mei, die geleentheid gehad om deel te wees van ‘n leierskap werkwinkel wat in die kerk se pastorie aangebied is.

Die werkswinkel is aangebied deur Earl Richards wat na vele werkswinkels en opleidingsessies oor die regte vaardighede beskik om die jeug te leer van leierskap.
Die werkswinkel het gefokus op spanbou, leierskap en die formulering van persoonlike en organisatoriese visie.
As deel van die werkswinkel het die deelnemers motiverings boodskappe aan mekaar geskryf om fokus te plaas op die impak wat elkeen op mekaar het. Richards het die sessie as die emosionele hoogtepunt van die dag beskryf.

Wat ook vir hom ‘n hoogtepunt was, was die skyfie vertoning waarin armoede vertoon is om te wys dat daar groter probleme is as dit waarmee die deelnemers sukkel en om die fokus van hul eie probleem te verskuif. Vir ʼn oomblik kon hulle in iemand anders se skoene leef en meer waardering toon vir dit wat hulle het.

“Die werkswinkel het ook na lig gebring dat daar nie in die samelewing, vir jeugdiges, geleenthede geskep word om hulself kreatief uit te leef nie” sê Richards. Dit is verbasend hoe honger die jeug is om geestelik te groei, veral aangesien die jeug dikwels met negatiwiteit geassosieer word en dit wat hulle al in die lewe bereik het, nie erken word nie.

Alhoewel die opkoms nie na wense was nie, was daar wel versoeke vir soortgelyke werkswinkels in verskillende gemeentes, wat net wys dat die jeug graag geleenthede vir hulself wil skep .

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .