Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Attractions

Aggeneys te sterk vir Rangers

Submitted by Altus Mostert on June 23, 2012 – 8:29 amNo Comment

Isaac Cloete – Aggeneys

Die rugbyspan van Aggeneys is weer in geoliede ratte nadat hulle verlede week Saterdag, vir Rangers van Bergsig redelik maklik geklop het.

Die wedstryd het op Aggeneys plaasgevind en die besoekers kon geen punte aanteken nie, nadat hulle met 0-22 verloor het. Aggeneys het ook die vorige wedstryd (met 13 spelers) op Springbok met 9-29 gewen.

Volgens Ronald Maarman, hoof ontwikkeling beampte, sien die huidige punte stand tans baie interessant daaruit en kan baie nog gebeur. Daar is nog ‘n paar liga-wedstryde oor en die semi- en finale vind eers in Augustus plaas.

In die Eerste Liga loop Young Stars van Port Nolloth los voor, soos allerweë verwag is. In die Tweede Liga se A-afdeling is Nababeep voor en in die B-afdeling is Garies die voorloper.

Ongelukkig kon drie wedstryde nie laas week plaasvind nie weens verskeie en uiteenlopende redes. Dit was die kragmetings: Springbok versus Steinkopf; Pofadder versus Concordia en Port Nolloth versus Rosh Pinah.

Ten spyte van logistieke probleme by sommige klubs word daar egter gehoop dat al die spanne nog sal deelneem tot die ligas afgehandel is.

Vir die volgende drie naweke is daar geen ligabepalings nie. Die naweek hou Namakwaland A en die O/21 spanne  proewe.  Dit word gedoen met die oog op hul (Namakwaland)  wedstryde teen Logan (Hantam) op 23 Junie. Dit gaan plaasvind op die Springbok Sportgrond.

Die naweek, daarna, met ander woorde op 30 Junie, speel Namakwaland A en die O/21 span teen Oranje Unie A en hul 0/21 span op Upington.

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .