Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Attractions

Build It en besighede van Springbok maak dorp skoon

Submitted by Altus Mostert on June 18, 2012 – 12:59 pmNo Comment

hilip Bence – Springbok

Dink asseblief voordat jy ʼn sak of ander rommel sommer uit jou voertuig se venster gooi of terwyl jy loop, dit sommer net so te laat val. Hieronder tel sigaretstompies en proppies ook. Hou dit by jou en gooi dit in een van die verskeie asblikke wat oral geplaas is juis daarvoor.
Waar daar ʼn wil is, is daar ʼn weg en as jou dorp jou passie is en dat dit belangrik is vir jou om dit skoon te hou kan jy hulp van oral kry om jou te help met jou self opgelegde taak.

Paul Nel, die eienaar van Build-It in Springbok, het dit op homself geneem om Springbok en al die ingange na die dorp skoon te maak. Hy sê dat hy dit twee jaar gelede ook gedoen het en in totaal 211 swartsakke vol rommel opgetel is. Die strooi van rommel het egter ʼn gewoonte geword en teen druktyd is al meer as 800 sakke rommel opgetel.

Toe hy met die skoonmaak aksie begin het, het hy 10 werklose mense in diens geneem om oral langs die paaie, parke en oop velde rommel op te tel. Die grootste gedeelte van al die rommel wat vergader is bestaan uit plastiek sakke en bottels. Daar was veral groot konsentrasies rommel in die verskillende stroompies en aflope gevind en opgeruim. Dit is nou die begin van die reën seisoen en nou kan die water vrylik vloei sonder om deur gemors geblokkeer word nie. Dit is ook duidelik uitgewys dat die rommel wat in die oop velde lê daarna toe gewaai is deur die wind nadat dit sommer net langs die pad uitgegooi is.

Daar is begin met die skoonmaak proses langs die ingangspad vanaf Pofadder, daarna is Tolweg aangevat. Die rivierloop oorkant OK Winkel was ʼn nagmerrie en tot by die T aansluiting is meer as 200 sakke vuilgoed opgetel. Die gedeelte langs Voortrekkerweg op pad Kaap toe het baie oop velde en weereens is ʼn groot hoeveelheid rommel opgetel. Die groot uitdaging was die pad na Matjieskloof toe. Hier wil dit voorkom asof rommelstrooi aan die orde van die dag is. Om egter die oop velde skoon te maak het die meeste tyd in beslag geneem.

Hierdie skoonmaak proses is nie net om Springbok se rommel te verwyder nie maar ook om besoekers nou en tydens die blomme kyk periode te wys dat hierdie ʼn skoon dorp is en hulle weer terug te lok en nie net in die tyd wanneer die blomme hul verskyning maak nie. Toerisme speel ʼn baie belangrike rol in die ekonomie van Namakwaland en moet nie beperk word tot Augustus en September nie.

Hierdie is ʼn uitdaging aan al die dorpe en gemeenskappe van Namakwaland. As daar net een persoon is wat die skoonmaak aksie begin sal inwoners verbaas wees oor die hulp en ondersteuning wat hulle sal ontvang.

Dankie aan Paul en sy seun wat later kom hand bysit het. Hy het Die Plattelander ook versoek om skole te vra om voorligting aan die leerlinge te gee oor die belangrikheid van die omgewing skoon hou.

Die volgende mense en besighede, in alfabetiese volgorde, wat bydraes gemaak het om die aksie ʼn groot sukses te maak is: * BVI Raadgewend – Maritz Myburg * Botes en Kennedy – Hannes van der Merwe * Dawella Motors – John Coetzee * Dippenaar & Ellis – Christi en Johan * DLC Konstruksie – Dries Coetzee
*Jasper van den Heever
* Keurstop – Bennie Bloemhof
* Makwa Groothandel – Jan Schreuder * Mica – Dries Coetzee * Nando’s – Manie van der Linde * OK – Elmar Strauss
* Die Plattelander * Plaas Kombuis – Jannie Smit
* Plumlec – Pierre Hoffman
* Pop In – Abrie Mostert
* Springbok Superspar – Harm Burger * Tauren – Johan Swanepoel * Trek Nissan – Jaco Victor * Titbits – Annemarie
* Vonmeg – Vonk en Niel Dippenaar * Weskus Filters – Diane Ellis * Weskus Verkoelers – Andre Ellis.

Baie dankie vir almal wat gehelp het om ons dorp weer ʼn lus vir die oog te maak en indien daar opgemerk word dat iemand hul vuilgoed sommer net weggooi is dit elke inwoner se plig om die rommel strooier aan te spreek.

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .