Moordenaar kry lewenslank
Isaac Cloete – Springbok
‘n 27-jarige man van die Vrystaat is onlangs lewenslank tronk toe gestuur na ‘n wrede moord op ‘n Noord-Kaapse meisie, byna twee jaar gelede.
Dit het die plaaslike inwoners van die myndorp aan die Namakwalandse weskus toe met skok en afgryse gelaat.
Die voorval het op 30 Oktober, 2010, op Alexanderbaai plaasgevind. Thulo Ishmael Thekiso, (27), afkomstig van Botshabelo, in Bloemfontein het op die dag vir Janice Domroch toe wreedaardig vermoor. Haar liggaam was eers die volgende dag(1Nov.) in ‘n “boiler room” by die ou hostelle, op die myndorp gevind.
S/A/O Jacques Beukes het die ingewikkelde ondersoek gelei omdat die verdagte(s) aanvanklik onbekend was en die moordtoneel feitlik “skoongemaak” was. Na deeglike forensiese ondersoeke, was die moordenaar egter gearresteer.
Die moordsaak het vanaf 21 – 25 Mei en weer vanaf 4 – 6 Junie in die hooggeregshof Springbok, plaasgevind.
Thekiso was skuldig bevind aan moord met verswarende omstandighede en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Advokaat Mike Mokane was die staatsaanklaer in die saak.
S/A/O Jacques Beukes was deur die Gebieds bevelvoerders, kol. Francis Hender en Luit. Kol. Johan Brooks geloof vir die uitstekende ondersoek werk in die saak.
Gedurende die week van 2012-06-08 tot 2012-06-15 was daar verskeie kontak-misdade by die SAPD, te Springbok, aangemeld Die speurders van Springbok het 9 persone gearresteer vir poging tot moord, 7 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en 1 vir diefstal.
Met hierdie optrede wil die polisie in Springbok ‘n sterk boodskap aan voornemende oortreders stuur dat misdaad nie geduld sal word nie. Die publiek word ook uitgenooi om saam met die polisie te werk om misdaad ‘n nekslag toe te dien deur enige inligting, hoe gering ook al, aan hulle deur te gee, volgens A/O Johan Farmer (kommunikasie- beampte) van die SAPD op Springbok
Lt. kol. Albie Kotze, (waarnemende stasiebevelvoerder) en kapt. Leonie Farmer, (speurtak bevelvoerder van Springbok) bedank hy alle lede op die stasie vir hul harde werk en wil hulle aanmoedig om nog harder op kriminele toe te slaan.


