ANC,ANC ligas en alliansie vennote vereer Madiba op Mandela Dag 2012
Persverklaring
Alle ANC strukture en haar alliansie vennote gedenk hierdie Julie maand die voormalige president van Suid Afrika, Nelson Rholihlahla Mandela. Madiba, die president van die ANC vanaf 1991 – 1997, lewende ikoon word hierdie jaar vereer onder die tema “Bou ‘n nasie wat omgee”.
Mandela dag is ‘n wêreldwye verering vir die lewe van Madiba; sy toewyding aan die mense van Suid Afrika en die wêreld en sy selflose strewe en geloof dat elke individu die wêreld kan verander vir die beter.
Die ANC NAMAKWA doen ‘n beroep op alle lede, ondersteuners en strukture om op Madiba se verjaarsdag, 18 Julie 2012 tussen 10:00vm en 13:00nm, 67 minute van u tyd af te staan en ‘n verskil in iemand anders se lewe te maak.
Dié jaar gaan die fokus in ons streek wees om skool- en begraafplaas erwe in die Namakwa streek skoon te maak. Ons wil al ons ondersteuners hiermee vra om die dag te vier en om ons gemeenskappe te dien.” Take action; inspire change; make every day a Mandela Day”


