Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Attractions

Christelike afhanklike Bediening (CAB) Concordia hou sangaand ten bate van fonds insameling

Submitted by Altus Mostert on July 4, 2012 – 8:07 amNo Comment

A.B Cloete – Concordia

Op Sondag 24 Junie 2012, het die CAB tak in Concordia ‘n sangaand gehou in die VGK Kerksaal ten bate vir fondsinsameling vir die werksaamhede van die organisasie. Dié aand het die immergroen Snaarorkes van die VGK Concordia, St. James Manne koor Garies, wat sekerlik ons eie Kings Messengers is en die vurige SAPD Gospel band opgetree. Die musiek en sang het sommer die winterkoue gou-gou opgewarm.

Alhoewel die organiseerders baie kaartjies verkoop het, was die opkoms vir die geleentheid baie swak. Die kunstenaars het nogtans vir die klein gehoor hul beste uitgehaal, en puik musikale vertonings gelewer. Daar was ook lekker sop en brood te koop vir ‘n skamele R3,00 en ook lekkergoed.
Dié interkerklike organisasie verleen ondersteuning en berading aan mense van die gemeenskap wat verslaaf is aan chemiese middels soos dwelms, alkohol en ook dobbelary, en is werksaam in baie van die Dorpe in ons streek. Die lede van die CAB kry gereeld opleiding om met middel-afhanklikes te kan werk en berading en leiding te verskaf. Hulle voel dat hul werksaamhede ‘n groter impak kan hê indien hul meer ondersteuning van Maatskaplike Dienste en van die gemeenskap kry, en indien daar beter geriewe in die streek sal kan kom om verslaafdes te kan verwys vir rehabilitasie.

In die Namakwa Streek is dit een van die grootste sosiale euwels wat ons gemeenskap afbreek op alle vlakke. Mense wat verval in die strik verloor op alle gebiede insluitend ekonomies, sosiaal, maatskaplik, en dan ly ook hulle gesondheid en uiteindelik kan ‘n vroeë dood hul voorland wees. Die misbruik van drank, dwelms, selfs medisyne en dobbelary lei tot die verbrokkeling van huisgesinne, en kinders trek gewoonlik die kortste end en land op in dieselfde bose kringloop. Dit is ook dikwels die pad na onwettige bedrywighede en kriminele gedrag van die gebruiker.

Die CAB Concordia vra dat mense hulle gerus kan nader vir hulp en ook dat die jeug baie welkom is om meer betrokke te word in hul werksaamhede. Hulle doen ook ‘n beroep dat meer mense by hulle moet aansluit, sodat die organisasie kan uitbrei en meer mense kan help.

Foto: St. James Mannekoor van Garies.

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .