Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Attractions

Club Fantasy se grand opening

Submitted by Altus Mostert on July 16, 2012 – 8:41 amNo Comment

Petro P. Alley – Steinkopf

Club Fantasy 2000 het Vrydag 06 Julie hul ‘Grand Opening’ gehou! Na vele afwagting het die aand uiteindelik aangebreek. Almal was in afwagting…dit was duidelik iets spesiaals is besig om te gebeur.
Met die aankoms was ons oortuig  ‘iets’ het verander – klante was gegroet met toepaslik geklede sekuriteit in die ontvangs area. Met die reuk van vars vernis en verf het besoekers tentatief die terrein betree om hierdie ‘herlewing’ van ‘n sosiale instelling van die dorp te ervaar.
Die opening was bloot ‘n aand om weer besoekers bekend te stel aan die eertydse glorie van ‘n vergaderplek wat in die afgelope paar jaar ietwat van sy glans verloor het. Vele liefdes, ontmoetings, opbreuke en grootword staaltjies kan toegeskryf word aan een of ander ervaring binne die mure van hierdie ruimte. Dit is dan ook met deels nostalgie en afwagting dat ou kuiergaste asook nuwe besoekers die vanielje rookwalms van ‘n effe misterieuse atmosfeer binnegaan…

Volgens Mn. Honey Bush is daar sekere veranderings en opknappings aangebring – toilette is opgeknap, sitplekke herstoffeer, laser en ander ligte aangebring, flat screen tv’s, rookmasjiene en ‘n ‘rock art’ biertuin is gebou (die biertuin is beskikbaar vir enige privaat/werksfunksies). Die fundamentele struktuur is behou met verbeteringe wat aangebring is waar meestal infrastruktuur beskadig is deur ‘wear and tear’, met spesiale byvoegings om voorsiening te maak vir ‘n groeiende en nuwer kliënte basis.
Wat veral vir besoekers uitgestaan het, was spesifiek die toilette. Waar voorheen vervalle afskortings was sonder deure of spoelende toilette, is nou nuwe teëls, spieëls, wasbakke en nuwe toilette met deure wat kan sluit. Dit blyk dat hierdie verandering en meegaande privaatheid implikasies die grootste rol speel in die algemene tevredenheid van naguile, veral maar nie beperk tot vroue.
Die volgende plus punt was die besef van sigbare en doeltreffende sekuriteit wat veroorsaak dat dans gangers die aand met meer vrymoedigheid geniet. Die bestuur dui aan dat sekuriteit een van die belangrikste aspekte is en dat daar ‘n voortdurende en sigbare sekuriteit aanwesigheid sal wees.

‘n Ander duidelike verskil word ook aangedui in die verskeidenheid van drankies wat aangebied word – voorheen was die keuses skraal waar daar nou probeer word om ook drankies aan te bied vir klante met uiteenlopende smake. Drankies word nou ook met ‘n groter fokus op diens bedien, met flink en vriendelike kroeg personeel wat net bydra tot die algehele ervaring. Partytjie gangers het verder ook aangedui dat die musiek ‘anders’ is en voorsiening maak vir ‘n meer bruisende gehoor!

Dit was natuurlik Miss Top of the Town wat die kollig gesteel het dié Saterdagaand! Hierdie jaarlikse skoonheids kompetisie het verskeie DJ’s gespog, onder andere Dj’s Glen, Howie en Christo (G-spot). Jonge dames van die area en so vêr as Vredendal en Kaapstad het hierdie jaar deelgeneem om hierdie gesogte titel huis toe te dra. Dalien van Reenen (Carolusberg; 19) sê sy neem deel aan hierdie kompetisie want sy wil graag ‘n rolmodel wees vir ander meisies. Hierdie kompetisie is vir haar ‘n belangrike ervaring, en moedig meisies aan om nie hul talente weg te steek nie. Sy is tans ‘n 1ste jaar student in Bemarking by die Cape Town University of Technology.
Een van die beoordelaars, Dannalize Clarke (Kleinzee) was al Rapport Nuwe Model van die Jaar en ‘n Mej SA top 16 Finalis 2011. Hierdie entrepreneur sê dit is lekker om weer terug by die huis te wees, veral in Club Fantasy na 8 jaar! Sy sê die meisies doen oor die algemeen goed, maar moet net leer om meer selfvertroue te hê. Sy geniet die atmosfeer van die ‘nuwe’ nagklub en kon nie wag om te dans nie. Vir ander jong dames wat die model bedryf wil betree laat weet sy dat dit nie maklik gaan wees nie – jy moet net ‘n dik vel hê en aan jouself glo!

Mede beoordelaar Beverley van Niekerk (20) van Port Nolloth se modelwerk het haar baie selfvertroue gegee. Hierdie voornemende onderwys student sê Club Fantasy laat ‘voel haar tuis’ en asof sy almal al lank ken. Vir jong dames wil sy sê om altyd te glo aan hulself want hier is baie potensiaal.

Die derde beoordelaar was ook een van die grootste trekpleisters van die aand, die SA Idols top deelnemer Simpiwe Gwegwe (23) van Port Nolloth, wat die aand afgeskop het met ‘n begeesterde vertolking van ‘Just the Way You Are’. Simpiwe wil graag SA wys dat Namakwaland hope talent het, en het desnieteenstaande verskeie struikel blokke tog die oudisies gehaal. Hierdie musikant het reeds op jong ouderdom begin sing en was betrokke by sy skoolkoor waar hy ook junior dirigent was. Hy wil graag ‘n beroep doen op skole om nie die ‘arts’ af te skeep nie, want dit is juis dit wat soveel kinders van verskillende agtergronde bymekaar kan bring. Hy moedig plattelanders aan om hulself nie te vinnig te oordeel omdat hulle van klein dorpies is nie – jy mag dalk groter wees as wat jy dink!

Mnr. Bush sê Club Fantasy wil graag ‘n jonger mark bereik, maar sonder om die bestaande of ouer ondersteuners te vervreem. Dit gaan bereik word deur geleenthede en DJ’s aan te pas om by almal aanklank te vind. Hy wil graag hê die Noord Kaap moet trots wees op Club Fantasy aangesien dit van die beste nagklubs in ons provinsie is. Ondersteuners kan gerus by die FaceBook groep Club Fantasy 2000 aansluit vir enige idees of voorstelle oor hoe om hierdie ‘n onvergeetlike ervaring te maak vir almal.
Hy sê verder die Club ondersteun Simpiwe as Idols gunsteling en moedig die Noord Kaap aan om vir hom te stem. Hy beplan ook om shows te hou met ander finaliste.

Die wenner van die aand was Zynonise Farmer, met Isvulene Phillips en Roxanne Khan as onderskeidelik 1ste en 2de Prinsesse. Wenners het kontant pryse en geskenk bewyse weggedra!!!

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .