Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Attractions

Huis Harmonie ontvang beddegoed

Submitted by Altus Mostert on July 11, 2012 – 8:15 amNo Comment

isaac Cloete – Bergsig

Inwoners van Huis Harmony, in Bergsig, het verlede Vrydag die beloofde beddegoed en toiletware ontvang wat al reeds vroeër hierdie jaar aan hulle belowe is.

Aan die begin van die maand het die gospelgroep, Smart Vision, ‘n geslaagde gospel-aand gehou om die doel te verwesenlik.  Hiertydens het ds. Sammy Muller (voorsitter van die tehuis) gesê:

“Huis Harmony het die maand 21 jaar oud geword en dit het tans 49 inwoners.  Omdat regeringsbydraes meer as skaars is, is ek in my noppies met die bedrag van R13 219 wat die aand ingesamel was.  Dit gaan gebruik word om beddegoed vir die “ou mensies” by die tehuis aan te koop.

Die poging was eintlik die idee van Sharon Booys en Rosie Cloete, vrou van Smart Vision se eienaar, Johannes (Boetiebas) Cloete.  Die Vrydag(29.06.12) is die beddegoed amptelik aan die inwoners van Huis Harmony oorhandig deur Cloete, Booys, ds. Muller en Howard Lottering (onder voorsitter van die te huis).

Die 50 beddegoed pakkie bestaan uit ‘n kombers, twee lakens, twee kussingslope, ‘n waslap en ‘n koekie seep, het Cloete aan Die Plattelander vertel.

Tydens die geleentheid het dit ook bekend geword dat ‘n inwoner van die tehuis, ouma Lena Bekeur van Bergsig, verlede week 103 jaar oud geword het.

In sy kort boodskap het ds. Muller gesê: “Ons kom sê dankie vir ouma se 103 de verjaarsdag, maar ook vir die beddegoed, wat net betyds voor die winter gekom het.  Dankie vir die gebaar, Rosie en Sharon en ook dankie vir die Heer se genade.  Julle is Dorkasse van die gemeenskap.”

Die verrigtinge was afgesluit met verversings en hierna kon die oues van dae die warm komberse uittoets.

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .