Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Attractions

Petrolpomp raakgery en weggehardloop

Submitted by Altus Mostert on July 3, 2012 – 10:14 amNo Comment

Petro P. Alley – Steinkopf

Omtrent 21h30 Maandagaand, 25 Junie, het ‘n voertuig in een van die petrolpompe van G&C Petrol (Creamy Games) ingery en op sy kant te lande gekom. Die enigste insittende was ‘n twintig jarige man, wat vermoedelik geen ernstige beserings opgedoen het nie. Hierdie feit kon egter nie bevestig word nie, siende dat hy die ongeluk toneel verlaat het.

Volgens ‘n groep bystanders het die jong man die aangrensende STOP teken verontagsaam en die bakkie gespin’, waartydens hy beheer verloor het, die randsteen geslaan en in die petrolpomp gebots het. Hy het homself uit die bakkie gewring, en ten spyte van die geroep deur hulle steeds ‘weggehardloop’. Die polisie het sowat 15 minute later op die toneel opgedaag, en volgens Ondersoek Beampte Konstabel Pieter Barnard sal ‘n dossier geopen word en ‘n saak van roekelose bestuur ondersoek word.

Volgens die jong man se moeder behoort die voertuig, ‘n Toyota Hilux, aan haar broer. Die voertuig word egter op gereelde grondslag aan haar seun toevertrou, wat werksaam is in Kathu en tans ‘af’ is. ‘My broer is amper soos ‘n pa vir hom’, het sy verder gesê.

Die oggend van die 26ste Junie het die jong man nog nie sy opwagting by die huis gemaak nie. Die hele familie en vriende, wat nog besig is om hom te probeer opspoor, is ‘geskok en hartseer’, en sy arme moeder moes kalmeer pille kry om die situasie te verwerk. Familielede beskryf die jong man as vriendelike en grappig, en hy was vermoedelik net oppad om lugtyd te gaan koop.

Groot skade is aangerig siende dat die pomp heeltemal verwyder moes word.

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .