Events

Jokes

News

Other

Review

Home » Attractions

Vrouemaand met padblokkade ingelei

Submitted by Altus Mostert on August 13, 2012 – 9:27 amNo Comment

Vrydag het verskeie vroue van verskillende departemente deel gevorm van ‘n pad blokkade tussen Okiep en Springbok op die berugte N-7.

Dit was ‘n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens en die Namakwa Distriksmunisipaliteit (NDM) het ‘n groot rol gespeel om die dag, gewy aan Vroue maand, ‘n groot sukses te maak. 

Departemente wat deel was van die dag was byvoorbeeld Behuising, Binnelandse sake, Immigrasie-owerheid, Omgewing Gesondheid Praktisyns, die Maatskaplike Transformasie Amptenare van die NDM, Justisie, Gesondheid en die Alkohol Misbruik-Eenheid.

Tydens die padblokkade het die Provinsiale Verkeersowerheid roetine ondersoeke op verskeie voertuie uitgevoer.  Verskeie inligting deur middel van pamflette en nuusbriewe is aan die motoriste verskaf. 

Dit was baie interessant om te sien hoedat die SAPD en verkeers owerheid hul modus operandi’s uitgevoer het tydens die ondersoeke.  Interessanter was die verskonings wat motoriste uitgedink het om los te kom.

Verskeie arrestasies is gemaak vir verskeie oortredings, soos onwettige immigrasie en middels, bestuur van voertuie sonder wettige lisensie, ensovoorts.

Die operasie het teen 10:00 begin en 15:00 opgehou.  Almal betrokke was dit eens dat dit ‘n baie geslaagde dag was en so is nog ‘n positiewe bydrae tot Vroue-maand liefdevol afgehandel.

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar .